Monday, November 1, 2010

Ek hoop...

So, hy was nie reg om die stap te vat en te kom kuier nie. Maak dit my
bekommerd? Ja, dit doen nogal.

Ek dink dis seker maar net hoe ek aanmekaar gesit is. Ek gee om, ek doen.
Ek dink ook dat hy met die hulp van ons Hemelse Vader, deur al hierdie
dinge sal kan werk.

Ek hou nie daarvan dat hy dit nodig gesien het om vir ons te jok nie, maar
omdat ek so baie omgee, verstaan ek.

Die gebed in my hart vanoggend is dat hy ok sal wees, dat hy sal kans sien
om hierdie stap in sy lewe te neem om weer in SA te kom kuier. Dat die
spoke en die hartseer en kwaad is sy lewe iets van die verlede kan wees.
Dat hy kan gelukkig wees en weer kan kans sien om werklik te kan lewe, en
die mense om hom, kans te gee om te wys dat hul vergewe en vergeet.

Ek hoop en vertrou met al my hart, ek doen.

Sjoe, ek is a redelike pissie vanoggend en ek wil so graag beter voel, ek
wil! Ek is op vakansie, flip!

Here asseblief verhoor my gebede?
Amen

No comments:

Post a Comment