Monday, November 29, 2010

Flip!

Dit voel asof ek in my kar kan klim, hom vol petrol kan gooi en net kan ry totdat ek weg is van alles en almal.

Dinge by die werk word net erger elke dag!  Die Baas hanteer my soos 'n flippen kind wat absoluut niks weet nie!  Die gemoed in my span is net plain moeilik en dit voel asof ek geen beheer het nie.  Ek is nou nie eintlik 'n control freak nie, maar hemel tog!  Kan ek asseblief net weer kontrole kry oor waar ek is en wat ek hier moet doen?  Dit voel vir my asof almal my dophou, stupid ne?  My mense baklei die hele dag, mense is ongelukkig en ek moet worstel met stilstuipe en mense wat net hul bedankings by die deur kom aflaai!  Dit is net stront van die more tot die aand!  Dan is daar die hele ding dat my baas my wil breek, wel soos wat ek vandag voel, gaan sy dit regkry!

Dan weet ek nie meer of ek my eie besigheid moet begin nie.  Dit is seker een van die dinge wat die moeilikste is om te besluit.  Dit breek my hart!  Ek wil so graag hier wegkom, maar wat doen ek as dinge net nie so gaan gebeur nie?  Mense bedank elke dag, regoor die wereld, om hul eie potjies te gaan krap, maar ek sit en worstel met al hierdie vrae wat om en om in my kop lol!  Ek moet hier wegkom!  Ek sal beslis nie ander werk kry nie, want my ouderdon tel mos teen my vir alles!  

Dan is daar my huis lewe - my familie en vriende lewe....  Dinge gaan ook nie so wonderlik op hierdie gebied nie.  My familie is wonderlik!  Ek kan nie vir beter vra nie, regtig!  Hulle staan saam my deur dik en dun.  Maar ongelukkig is daar 'n MAAR by betrokke!  Dit voel asof hulle my hele lewe wil reel en vir my sê wat ek wanneer moet doen. Dis asof hulle verwag ek moet alles net los waarmee ek besig is, om hul aandag te gee.  Ek is vreeslik baie lief vir hulle!  Ek is!

Ek het twee vriende.  Ek is vreeslik lief vir hulle altwee!  Dit is nie dat ek nie ander vriende het nie, maar hierdie twee is my beste!  Hulle albei is al deur soveel seer en hartseer in hul lewe.  Ek wens ek kon 'n beter vriend vir hulle wees!  Ek wens ek kon hulle meer help.  Ek kan nie meer hierdie stilswye hanteer nie, ek mis my vriend!  Ek wil hê alles moet vir hulle uitwerk.  Dat hulle bymekaar kan uitkom sodat hulle kan sien dat hulle mekaar gelukkig kan maak.  Dat hulle ook weer familie kan wees.  Hulle is lief vir mekaar, dit weet ek, maar hoekom is alles altyd so moeilik?

Here, asseblief help my?  Ek het U hulp nodig, asseblief?  Ek wil nie meer so voel soos wat ek vandag voel nie.  Ek wil weet waarheen ek gaan, ek wil so graag nie elke liewe dag in die moeilikheid wees by die werk nie.  Ek het asseblief U hulp nodig?  Groot asseblief, dat alles ok gaan wees?

Here, U is die begin en die einde.  U weet wat die plan is met ons lewe.  Kan ek asseblief vra dat U my sal help?  Help my asseblief dat ek die regte dinge doen en sê?  Dat ek nie alleen deur al hierdie dinge moet gaan nie?  Dat alles ok sal wees by die werk?  Here, ek kan nie bekostig dat hulle redes soek om ontslae te raak van my nie.  En dit net omdat ek my eie ding wil doen?  Ek het vir hulle al hierdie jare se harde werk gegee en ek wil nie soos 'n sleg hond hier weggejaag word nie?  Here bring asseblief my Familie veilig huis toe?  Here hulle is vir my alles!  Here help my asseblief om te sien dat hulle net alles wat mooi is vir my wil hê?  Here, beskerm, behoed en bewaar hulle asseblief?  

Here, praat asseblief met my vriend?  Here help hom deur hierdie moeilike tye?  Here help hom om homself te kan vergewe?  Here ek is baie lief vir hom, al sal ek seker nooit hom ontmoet nie.  Here beskerm, behoed en bewaar hom asseblief?  Here kan ek asseblief vra dat U sy hand sal vashou?  Here, help asseblief my vriendin?  Here ek weet dinge is vir haar net so moeilik.  Here sy het ook probleme en dinge wat sy moet besluit.  Here help haar asseblief ook om die regte keuses te maak?  Dat alles vir haar gaan ok wees?

Amen!

PS:  Sorry vir hierdie verskriklike blog!  Ek wou dit maar net van my hart afkry.... Ek sal liewer nou ophou skryf, want ek sal seker vir nog ten minste drie dae kan aangaan oor alles binne my hart........





No comments:

Post a Comment