Sunday, September 23, 2012

Ek mis...

Ek hou nou al 'n hele paar weke hierdie gevoelens binne my, en hoe ek dit kan regmaak of dit net als kan los, en 'n manier kan kry om aan te beweeg. Daai hoofstuk dalk net toe te maak?

Want dit maak my so ongelukkig en hartseer.

Ons deel absoluut niks meer nie, praat dalk een keer 'n week met mekaar, baklei net, en die negatiewe dinge gaan maar net aan.

Ek gesels meer met my kliente oor dinge as met haar. Dit voel asof hulle meer belang stel.

Ja, miskien is ek maar redelik kinderagtig en 'jannie-jammer-gat, maar ek weet nie meer nie. Verstaan?

Maar? ('N groot maar), 90% van hierdie hele affere is my skuld.

Nou het sy 'n special mens in haar lewe. Iemand wat haar gelukkig maak, en saam met haar nuwe blyplek, gaan sy woes gelukkig wees, ek gun haar dit, regtig ek doen.

Ok, dis al wat ek wou se...

Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment