Monday, September 10, 2012

Eerste dinge eerste...

EERSTE DINGE EERSTE

Wat gaan jy doen met die nuwe dag? God laat die keuse oor aan jou, Hy kyk na jou en Hy wag.

Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees. Psalm 118:24

GEDAGTE: Sorg dat jou prioriteite vandag en elke dag reg en gesond bly. Stel eerste dinge altyd eerste.

GEBED: God, skenk my die kalmte van gees om te aanvaar wat ek nie kan verander nie; die moed om dit te verander wat kan, en die wysheid om die verskil te ken. Leer my om een dag op n slag te lewe. Oortuig my dat swaarkry dikwels tot diepe vrede lei, en dat U genade n geskenk is en nie n loon nie. Help my om die wereld te aanvaar soos dit is, nie soos ek dit graag sou wou he nie. Versterk my met die hoop dat U eendag alles sal regmaak. Amen


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment