Ek onthou hoe ek geworry het oor jou toe jy nog gesny het. Dit was vir my so unreal dat ek iemand ken wat so iets doen, dat ek meeste van die tyd net gedink het dis deel van 'n movie. Maar jy het daar deur gekom, en ek wil net vir jou se, eks bly jy het. Jy is nie meer afhanklik nie, en jy het soveel gegroei. En dis nice, rerig nice...
Dan is daar die aand wat ek saam jou op jou bed gele het in die kominne, die aand wat my sussie so vreeslik kwaad was vir my. Die aand wat jy my vertel het van jou Pa, en wat hy gedoen het. Daar het ek gele en luister na dinge, wat ek toe nog net gedink het gebeur met ander mense. In boeke, nie dinge wat gebeur het met mense wat ek ken nie.
Stories wat jy my vertel het van Duitsland, en die man van jou drome. Van toe jy in die polisie was, en die mense wat so belangrik in jou lewe is. En mense wat so hard en skielik uit jou lewe geruk was.
Ek dink ook oor hoe ons aande lank gesit het en planne gemaak het vir Ash's. Die aande wat ons boeke moes prys en die aande wat ons net gesit het en niks gese het nie.
Die dae wat ons saam gehuil het, en ook die dae wat ons oneindig lank kon lag.
Ag, daar is nog so baie goed wat ek wil se, maar dit gaan 'n paar blogs vat om dit te doen....
Ek is jammer ek lag nie meer nie, maar die lewe druk bietjie hard op hierdie stadium. Ek is jammer as ek jou planne en dinge afskiet sonder om eers daaroor na te dink. Ek is jammer dat ek nie meer soveel fun is nie. Ek is jammer as ek nie altyd luister as jy praat nie. Ek is jammer dat jy moes seer kry, nie net deur my nie, maar deur ander.
Ek wil net so vreeslik graag weer my vriendin terug he, die een wat alles met my deel, al is dit 'n pot bollie.
Ek is bly jy het ander vriende ontmoet, en dat jy hulle geselskap geniet, dis belangrik om balans te he.
Maar ek wil jou nie verloor nie. Ek wil net so vreeslik graag weer my maaikie terug he...
Dis al wat ek wou se vanaand....
Oor en uit!
Sent from my BlackBerry® wireless device
No comments:
Post a Comment