My gemoed is so op en af deesdae. Seker omdat ek by hierdie doodloopstraat gekom het, en dit voel asof ek stoot en stamp teen 'n soliede muur.
Ek glo nie die mense om my verstaan dat ek regtig probeer om beter te lyk en voel nie. En ek probeer regtig hard. Dis net dat ek so moedeloos is, dat dit voel asof ek om en om loop en elke keer terugkom by 'wat nou'. Die laaste ding wat ek wil he is dat mense saam my in hierdie gat moet sit.
Glo my as ek se dat ek ook weer wil lag, weer wil hoop, weer wil droom...
Sent from my BlackBerry® wireless device
No comments:
Post a Comment