Wednesday, August 8, 2012

Lanklaas...

Ek het regtig lank laas so seer gehad soos vanaand. Vir dit is ek baie dankbaar, al voel dit asof ek sekere dele van my lyf kan uitsny met 'n mes. Dan die stupidste van als is, dat ek nooit 'n pynpil het as dit so seer is nie. Flip..

Dis woes koud, na die sneeu/kapok wat ons gehad het. Dit was awesome om te kon sien dat sneeu nie soos reen val ni, maar so deurmekaar val. Maar nou al wat oorbly van dit is net die ysige koue.

Die bouery gaan goed aan. Die eerste muur is al so halfpad op. Sien nogal uit daarna om vir Ma te help intrek, en mooi maak. Dit sal ook beter wees dat sy naby aan ons is, en nie daar anderkant, alleen nie.

Ek hoor niks van D nie. Net mooi niks, en dis so hartseer. Ek mis hom regtig baie...

Ag wat, ek gaan nou slaap. More is 'n vakansiedag, so ek kan bietjie vroeer toemaak en kom asem skep by die huis...

Lekker slaap almal vir wie ek lief is...


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment