Friday, August 24, 2012

Drome...

Ek is wakker van baie vroeg oggend af, kon net nie slaap nie, want al hierdie lelike drome hou my wakker. Ja, dis my lyf se pyn ook, maar ek het al 'n rukkie terug geleer om dit te beheer, en dat dit my nie beheer nie.

Ek is bang...bang om mense te verloor vir wie ek lief is. Dat dinge so erg raak dat hulle net 'weg' raak, vir altyd.

Dis nie regverdig nie, die lewe is nie regverdig nie.

Maar ek moet vashou, vasgryp aan my Hemelse Vader, en Hom smeek vir hulp.

Jesus, beskerm, behoed en bewaar ons almal asseblief? Dat alles asseblief sal regkom?


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment