Monday, May 30, 2011

Urgh!

Ek is so gefrustreerd dit is nie eers snaaks nie. Ek haat dit om so te voel! Ek is bekommerd oor die winkel en of ek die regte ding doen? Ek het vandag nog nie een klient gehad nie, en die syfers vir die maand is nie wat wonders nie. Ek kan nie aanhoudend uit my spaargeld, geld vat vir voorraad ens nie! Ja, ek het helfte van my huur afslag gekry, maar daar is soveel uitgawes! Here, jaag asb die duiwel weg? Hy is besig om my so af te takel en ek kan dit nie meer alleen doen nie. Here asb?

Dan voel dit asof D net weg is! Asof hy aanbeweeg het en my agter gelaat het! Ek wens ek het geweet waaraan hy dink en of daar enige gevoel oor is binne hom! Ek weet nie meer wat om te dink nie, ek sal nooit ophou hoop nie, maar dit is al meer as 'n maand, dit voel soos 'n ewigheid! Here, asb bring hom terug? Ek weet ek is ongeduldig en wil so graag die tyd aanjaag, maar U het U eie tyd vir als...

Ek kry koud en ek is verveeld! Dit is die eerste keer wat ek so voel vandat ek Ash's het. Dit is verkeerd, hierdie is my brood en botter en ek moet hiervan 'n sukses maak!

Ek voel so buite beheer! Urgh! Hoe kan ek maak om beter te voel? Hoe kan ek maak om dinge reg te maak? Die regte besluite te neem?

Here asb help?


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment