Sunday, April 17, 2011

So...

Dit was nou nie 'n baie goeie begin vir Ash's nie! Dis baie stil en ek hoop werklikwaar dis omdat dit die middel van die maand is en ook omdat die weer nou nie wat wonders is nie...

Ek voel redelik teleurgestel, maar ek glo en vertrou die Here sal my help om dit 'n sukses te maak.

Ek dink ek moet adverteer... Miskien is dit omdat ek dit nie gedoen het nie?

My gemoed voel soos die weer, koud en nie baie lekker nie...

Die radio sukkel bietjie met my gunsteling radio stasie, ek kry nie die koffie reg nie, ek bestel boeke en verkoop niks nie, ek dink ek het stront drooggemaak om nie te adverteer nie.

Sorry, ek voel redelik 'af', maar ek glo en vertrou op die Here!

Here help asb?


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment