Ek le in die bad en luister vir die bubbles wat skiet. Is dit die regte woord? Ag, ek weet nie..
Die weer is soos my gemoed vanoggend. Koud en bewolk, dan is daar nog mis ook.
Daar is twee goed op my agenda wat ek regtig nie van hou nie. Gelukkig is een van hulle klaar. Jip, die lughawe. Ek hou nie daarvan om soontoe te gaan nie. Al die gesigte wat of huil of lag.
Dan is daar die troue.
Ek hou nie van troues nie! Einde, full stop. Dis seker iets in my bloed of iets. Maar ek moet gaan, dit word van my verwag.
Ten minste het ek Ash's....daar kan ek doen soos ek wil en my denke laat gaan waar hulle wil gaan. Waar niemand vir my kan vertel hoe ek moet voel nie.
Sent from my BlackBerry® wireless device
No comments:
Post a Comment