Friday, April 1, 2011

Redelik gatvol...

Weet jy wat? Ek sou ook redelik gatvol gewees het as ek my suster was!

As iemand die hele dag tjank en moan oor pyn, sou ek sekerlik ook so opgetree het.

Nou vertrou sy my nie meer om haar seuntjie skool toe te vat nie, want sy is bang ek verongeluk hom, want hoe bestuur ek dan as ek so seer het? Dan is sy ook kwaad vir my want ek het my dokter's afspraak nie nagekom nie!

Weet jy wat? Wat kan hulle tog doen om jou te help? Daar is nie gaurentees nie. Sy gaan my in die hospitaal druk en my vol water pomp, en my dan op pille sit! Maar weet jy wat? Ek sal vandag 'n afspraak maak by 'n spesialis en gaan.

Ek is moeg! Moeg vir verwyte, en baklei en om te worry. Ek gaan dit nie meer doen nie, dis nou klaar.

Ash's maak oor 'n week oop, ek sal seker maak alles is gedoen en in die winkel teen einde van die dag, more!

Ek kon nie alles betyds klaar kry nie, maar ek sal seker maak dit is 'n sukses, want die Here gaan my nie nou los nie, ek glo en vertrou op Hom.

Ek glo en vertrou ook dat die Here my gaan gesond maak! Hy gaan!

Amen!

PS: C, ek weet jy wil dit nie hoor nie, maar ek is jammer! Jammer vir alles!


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment