Thursday, October 21, 2010

Vir my maaitjie...

Sorry for the Afrikaans!

Alles gaan uitwerk! As daar een ding is waarvan ek doodseker is, is dit,
dit!

Jy het 'n mooi toekoms wat voorle! Die Here wil he jy moet lewe vir vandag,
nie vir gister nie.

Jy het 'n man in jou lewe wat vreeslik baie lief is vir jou en ek dink dis
tyd dat jy hom die kans moet gee om vir jou die Pa te wees wat jy verdien.
Hy wil daar wees vir jou en jou die liefde en geduld gee wat jy verdien.

Dis nie reg wat daardie ander mense aan jou doen nie! Dit is nie die Here
wat deur hulle werk nie, ek glo in my hart dis net om hulle eie ego's te
streel!

Ek weet jy wag vir bevestiging van die Here! Dit is tyd om hulle te laat
gaan. Dis maar net wat ek dink.

Hulle veroorsaak dat jy nie kan aanbeweeg nie. Hulle veroorsaak dat jy
jouself bevraagteken, en hulle veroorsaak dat jy nie vertrou in ander mense
nie. Bedoelende dat jy nie liefde vrylik kan gee nie.

Ek is jammer as ek te hard voorkom! Ek is jammer dat jy so moes grootword!
Ek is jammer dat jy so moet seerkry!

MAAR daar is 'n toekoms vir jou met mense wat omgee, wat lief is vir jou en
wat baie graag daai leemte wil vul!

Die Here sal alles laat uitwerk!

Lafsu

No comments:

Post a Comment