te ry...
Dis seker maar ook hoe ek voel binnekant my hart.
Wat as ek nie hierdie nice mens is wat my vriende dink ek is nie? Wat as
hulle eintlik gatvol is vir my en my boring vind? Al wat ek tog oor praat
die afgelope paar weke is boeke, winkels, en is dit die regte ding! Ek sal
redelik gatvol wees vir myself, as die rolle omgedraai was, ne?
Ek het vandag 'n redelike stupid dag gehad. Stupid in die opsig van:
emosies. Ek weet nie wat eintlik met my aangaan nie. Dis soos ek se:
stupid. Ek kan dit nie eers verduidelik op hierdie blog nie.
Miskien is dit maar net dat ek so graag alles wil fix? Dat alles net sal
reg wees as ek een oggend wakker word? Ek weet nie!
Ek ken redelik genoeg mense, ja, ek sal seker as ek 'n gastelys maak,
genoeg mense daar he, om die saal vol te maak, maar ek het werklik waar net
twee vriende. My BFF en die ver-weg ene! Ek is so vreeslik lief vir hulle,
ek glo nie hulle dink so nie, maar ek doen!
Al wat ek vir hulle wil he, is mooi dinge!
En natuurlik dat ons vriende kan wees vir altyd...
Ek is jammer ek is so a depro drama queen! Ek kry myself seker maar 'n
bietjie jammer...
My sussie se hofsaak is Dinsdag..help asseblief bid? Vra asseblief ons
Hemelse Vader dat haar seuntjie nie van haar af sal weggevat word nie?
Groot seblief?
Die amazing ding is: ons het 'n baie groot God! En ek glo en vertrou dat
alles gaan uitwerk! Dit gaan!
No comments:
Post a Comment