Monday, February 13, 2012

Verkeerd en finaal...

Ek dreig nou al sowat 'n week om te blog oor als wat in my kop aangaan en hoe my hart voel.

Ek is meeste van die tyd net plain bang en hartseer. Dis aaklig om so te voel, ek hou van lag, en gelukkig wees. Mense loop uit my lewe uit, want ek is soos ek is. Daars niemand om te blameer behalwe myself nie.

Nou moet ek gewoond raak aan die hele gedagte, dat mense wat altyd daar was vir my, nie meer daar is nie. Ek is bly as mense kan aanbeweeg, mense ken wat hulle gelukkig maak, mense wat nie altyd een of ander krisis in hul lewe het nie. Mense wat hulle nie kritiseer of afskeep nie. Mense wat hulle help, regtig help. Mense het wat hul vriende kan wees en by hulle kan staan.

Dis net moeilik om afskeid te neem, hartseer eintlik...

Dan is daar die mense wat siek is, wat nie meer kan wees wat hulle was nie. Dit breek my hart. Ek wens ek kon iets doen om hulle te help. Maar ek kan nie. En al wat ek doen is om te baklei. Dis nie reg nie.

Dan die vrees....dis die seerste, die onsekerheid...

Maar ek het 'n God wat by my staan, en ek weet Hy gaan my nie nou los nie. Hy gaan ook nie die mense vir wie ek lief is los nie! Want my God is Almagtig. Amen!

Ek is dankbaar vir die mense wat bly, die mense wat nog oor is. Ek bid en hoop dat ek hulle nie ook sal verloor nie.

Dis al vir nou...


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment