Tuesday, August 30, 2011

Soos dit is...

Snaaks hoe dinge so stadig, maar seker net verander. Jy sien die tekens al 'n rukkie, en probeer dit in jou kop vir jouself uitwerk. Maar jy kan net nie jou vinger op dit sit nie.

Dan soek jy die fout by jouself, en begin dan in jouself twyfel.

Als wat jy se en doen word verkeerd opgevat, mense deel niks meer met jou nie, want daar word net die heeltyd 'aangeneem'

Ek sit vanaand hier en ek sal nie weer vra wat aan die gang is nie. As mense nie met jou wil deel nie, is dit iets wat jy moet aanvaar.

Wel, dis dan seker hoe dinge gaan wees. Ek het nog nooit gat gelek vir enige iets in my lewe nie, en ek gaan nie nou begin nie.

Ek is moeg om te torring, ek is moeg om te verduidelik. Ek is moeg vir die gekompliseerde goed, wat eintlik nie baie gekompliseerd moet wees nie. Iets wat natuurlik moet wees.

So vanaand staan ek terug.

Van vanaand af sal ek wag, wag vir antwoorde en verduidelikings. Miskien kom dit reg, miskien nie....


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment