Sunday, July 3, 2011

Tjank...

Ek is so moeg om hierdie beeld voor te hou, dat dit my nie pla nie, omdat my beste vriendin nie hiernatoe kom nie! Ek is moeg dat my lewe beplan word vir my. Ek is moeg vir die bakleiery en die stryery, vir die hartseer.

Sodra ek dink dinge gaan nou beter, dan is daar weer 'n bom wat bars, en ek is die een wat sit en worry!

Ek wil net tjank, regtig.

My ander vriend dink ek skuif my vriendin eenkant toe, en laat haar wag terwyl ek sit en wag. Wel, weet jy wat, ek wens ek kon dit verander.

Maar dit is wie ek is....is dit verkeerd om vrede en liefde vir almal te wil he?

Hoeveel kos 'n eiland?


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment