Alles is weereens waar dit was, een groot gemors-spul. Al wat ek eintlik wou doen was om dinge vir haar makliker te maak, haar te spaar van die vibes en negatiewe dinge.
Dis moeilik as sy dink ek lieg vir haar, dis moeilik dat ons nie meer kan praat soos altyd nie.
Dit voel werklikwaar of ek haar klaar verloor het. Miskien het ek, want ek kan dit aanvoel.
Ek is moeg. Regtig.
Almal kom maar seker op 'n stadium waar dinge net elke keer meer en meer skeefloop. Dis deel van die lewe.
Die vraag is, wil hulle dit regmaak?
Wel, tyd sal seker leer. Maar tot dan, bly ek stil en se liewer niks, want sodra ek iets se, word dit uit verband uit geruk, en soos ek se, ek is moeg.
Sent from my BlackBerry® wireless device
No comments:
Post a Comment