Jip, dis klaar! Ek is nou klaar met hierdie selfbejammering en om almal om my te blameer vir my lot.
Dit voel eintlik lekker om weer kans te sien om dinge aan te pak, soos wat ek weet ek kan. Die Here het 'n plan en ek gaan sorg dat ek doen presies wat Hy wil he ek moet.
Die struikelblokke op my pad is minor dingetjies en ek sal dit oorkom!
Ja, my lyf is weer vol pyne, maar dis ook iets wat ek kan fix! Ek sal net ophou om te teem daaroor en seker maak ek kry dit nie weer nie. Maar ek moet ook se dat my been voel of hy enige oomblik gaan skeur!
Ek gaan ophou om die mense vir wie ek lief is, grief te gee. Ophou baklei en my oog op die pad hou.
Ek kry vandag my sleutel! Dankie Here, dat my planne nou 'n werklikheid word! Dankie dat U my weereens help in 'n moeilike situasie!
Alles gaan uitwerk!
Sent from my BlackBerry® wireless device
No comments:
Post a Comment