Friday, January 7, 2011

So baie goed..

Ek is bekommerd oor so baie vanoggend! Ek wens ek kon net beter voel?

Eerstens is daar my familie. Hulle beteken vir my die wereld, regtig hulle
doen. Maar, hulle wil my lewe regeer soos dit hulle pas. Wie ek moet ken,
wat ek moet doen en die ergste van alles, wat om met my tyd te doen. Ek ken
van prioriteite, ek doen! En ek weet dis die belangrikste om hulle eerste
te sit, maar wanneer is dit my beurt? Wanneer gaan hulle besef dat ek amper
39 jaar oud is? Ek dank die Here elke dag vir hulle! Maak nie saak hoe ek
soms voel nie, hulle sal altyd eerste wees..

Ek het twee van die wonderlikste vriende, twee mense wat ek baie lief het.
Hulle luister as ek teem en huil en ook wanneer ek net plain 'n koei is!
Hulle stel geen voorwaardes nie. Ek dink hulle ken my eintlik baie goed. Ek
wens ek kon meer tyd saam my BFF spandeer, maar dis bietjie moeilik, veral
nou. So ons gesels maar op die foon... My ander vriend dink hy vat te veel
van my tyd! Ek glo nie hy besef wat ek voel en dink nie... Dan is ek ook
bang dat ons altyd net gaan pen-vriende wees...

Ek is bang vir die einde van die maand, want ek moet wag vir geld om met
Ash's te begin... Dit is scary, want ek kan nie net aanneem dat ek elke
maand 'n salaris gaan trek nie. Ja, ek gaan nie skuld he nie, maar ek het
nogsteeds geld nodig om te lewe.

Vanoggend wil ek alles wat ek het, en die mense vir wie ek so vreeslik lief
het, aan die Here se voete le. Here pas hulle op, vertel asb vir hulle hoe
lief ek hulle het?

Sonder hulle is ek nie veel nie, en sonder U, Here is ek absoluut nilks!

Maar? Alles gaan ok wees en alled gaan uitwerk!

No comments:

Post a Comment