This is an article in our newspaper this morning.
Daar's geen teenvoeter vir liefde nie, daardie soort waarvan Paulus in sy
briewe skryf. Hierdie liefde is natuurlik nie net 'n versameling
goedvoel-emosies nie. Die Here se soort liefde word net in aksie gesien en
gevoel.
Een van die kortpaaie na egte omgee is om gedurig die regte woorde in jou
hart en op jou tong te laai.
Jy moet veral twee frases goed ken en ook reg gebruik. Frase 1: 'Baie
dankie' Frase 2: 'Ek is jammer'
Daar's min woorde wat meer brug-boukrag het as die woord: 'Dankie'
Jammerse-krag werk weer as jy weet jy is verkeerd en dit erken.
Eenvoudige, maar kragtige taal wys dat jy God en ander respekteer en dat jy
nooit dink jy's te groot in jou eie oe nie.
No comments:
Post a Comment