Dit was 'n besige week, en ek is alweer moeg. Altyd moeg, maar sodra ek in die bed klim, is ek wawyd wakker. Dan voor ek my oe uitvee is dit tyd om op te staan. Hierdie naweek beplan ek om rustig te wees, te probeer laat slaap en miskien my boek verder te lees, wat ek seker al drie maande besig is mee.
Die dokter het al my uitslae, so ek wag vir my medikasie, want blykbaar sonder dit gaan ek baie siek word. Sonder dit kan ek blykbaar net nog vyf jaar hier wees? Dis God se besluit, nie die dokter sin nie, ne? Ek gaan net aanhou glo en vertrou!
Waar kom die oop kaarte vandaan? Van sowat twee weke terug, of miskien is 'n jaar terug dalk meer akuraat?
Kom ek begin by iets langer as die jaar, iets 'n bietjie langer terug as dit?
Dieter. Dimitri. En kie...
Dis wonderlik hoe die Here werk. Twee maande terug sou ek nooit kon dink dat ek sou voel oor hulle soos wat ek nou voel nie. Hulle is in die verlede. Ek smag nie meer na hulle geselskap, leuens en kameraadskap nie. Ek wil dit ook nie meer terug he nie. Ja, ek gaan lees so nou en dan oor hom, maar nie omdat ek hom mis nie, ek doen nie. Ek is klaar met sy 'seer maak'. En ek voel goed. Want ek wil nooit ooit weer daar gaan nie. Vriende doen nie wat hy gedoen het nie. Einde. Vol-stop. Ek het aanbeweeg, ek wonder nie meer of hy aan my dink nie, ek wonder nie meer 'hoekom' nie, ek wonder nie meer 'sal hy ooit terugkom nie'. Net jammer dat ek alles toegelaat het vir twee jaar...maar so leer mens?
Snaaks hoe ek nie kwaad is vir mense nie, maar teleugesteld? Maar ek is besig om die brug te bou, klaar met daai stront in my lewe! Ek wens hom alle geluk toe. Daai boek is toe. Dankie tog!
BFF?
Seker die moeilikste om oor te blog. Ek weet nogsteeds nie wat om te maak van dit nie? Dit het gegaan oor geld. Ja, dis waar, maar was dit regtig daaroor? Ons ken mekaar al vier jaar en in daai jare het ons mekaar seker beter geken as wat meeste van ons families ons ken. Ons het alles gedeel, die lag, die hartseer, die gebreekte mens, die struggle om te begin heel word. Die drome, die hartseer, die geheime. Die mislukkings en ook die toekoms planne. Die omgee, die ware vriendskap bande.
Dit vat 'n baie goeie vriendskap/verhouding om dit 'long distance' te doen, en ek dink net dit was dalk te veel gevra. As vriende ophou kommunikeer en ophou 'deel' begin als verbrokkel. Ja, dis so van my kant af ook. Dit vat twee mense om 'n vriendskap te maak, te bou en te hou.
Dit lyk vir my dis nou nie meer oor ons nie, maar oor my familie? Hoe is dit? Hoekom is dit?
Haar lewe is nou op 'n ander plek, sy het verander in iemand wat ek nie meer ken nie. Ek weet nie hoekom nie, dalk is dit omdat sy nou doen wat sy nog altyd wou doen. 'n mens kan nie met jou vriende praat en 'deal' soos met jou werk kollegas nie. As ons vir jare lank kon goed deel en saam doen, maar skielik nie meer nie, hoekom?
Want ek ken jou nie meer nie. Ek mis jou, die mens wat ek geken het. Ja, ek is seker ook nie meer wie ek vier jaar terug was nie. Dis seker maar 'n bose kringloop van wie het dit en dat gedoen, gese, gedink. Niemand bly dieselfde nie, maar die waardes doen.
Die bal le nou in jou 'court'. Ek is hier, waar ek nog altyd was. Als gaan oor keuses en trots en vertroue, en nog 'n paar ander goed wat saak maak.
Net die Here weet wat in ons toekomss le, ons kan maar ons breins deur dink, maar die antwoorde het net Hy. Wie weet wie saam met jou, jou pad gaan loop, en wie is net daar vir 'n rukkie?
I chose you... Dis seker maar eintlik die ding? Of hoe?
Dis my oop kaarte, als op die tafel. Daar is nog baie in my hart en kop, dit sal seker een of ander tyd ook uitval...
Sent from my BlackBerry® wireless device