Ek voel so snaaks in my binneste. Daai gevoel van bang wees, maar tog hoop? Miskien maak dit nie sin nie?
Ons het gister gehoor my Oupa is baie siek, en daar is niks wat hulle vir hom kan doen nie. Hoe werk dit?! Hoekom kan hulle nie help nie?! Want die antwoord is, hy is oud... Dis hartseer en ek is bang. Sonder my Oupa sou ek nooit gewees het en bereik het wat ek het vandag nie. Hy is my anker, iets wat ek seker by my Pa moet voel, maar my Oupa is dit! Hy was altyd, maar altyd daar vir my - dis hartseer!
Here, ek le my Oupa aan U voete vanaand. Here asseblief spaar hom vir ons? Asseblief dat hy nie pyn en leiding het nie? Asseblief Here, Amen.
Sent from my BlackBerry® wireless device
No comments:
Post a Comment