Tuesday, October 11, 2011

Bekommernis...

Die winkel doen nie goed nie. My sussie sukkel met haar seuntjie. Geld raak min.

Dis moeilik, regtig. Ek sit nou al 'n rukkie en wonder of ek nie maar my droom moet opgee, en weer begin werk soek nie. Op die einde van die dag moet ek sekerlik ten minste my uitgawes dek, of hoe? Ek is bang! Regtig bang dat ek dalk te lank gaan vat om 'n antwoord te kry oor wat ek moet doen. Dit is wat ek wil he. Dit is wat ek glo die Here het vir my gegee. Maar dit voel nie meer reg nie.

My sussie is in trane hier weg vanoggend, omdat haar seuntjie so 'lelik' is. Dis nou 'n gewoonte as hy van sy pa af kom. Sy gee haar alles vir hom. Sy probeer so hard.

Here? Asseblief ons het U hulp nodig?

Here, help my familie? Help my asseblief om suksesvol te wees met die winkel, en met my familie, en my vriende?


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment