Tuesday, February 15, 2011

Verandering

Apologies for the english people...

Dinge voel anders. Miskien is dit ek, wie weet? Ek hou rerig nie daarvan nie. Mense wat my ken weet ek sukkel bietjie met verandering. Veral as dit kom by mense vir wie ek omgee.

Die ding is, as jy gewoond is dat iemand sekere dinge doen, en dan skielik op hou, voel dit mos weird, is dit nie? Dit voel dan vir my of mense stadig maar seker begin afstand doen.

Stupid, ne?

Maar dis dinge wat my uit die slaap hou, want as ek gee, gee ek alles. Nie net bietjie op 'n slag nie. Mense wat my ken, weet dit ook. Ek hoop!

Ek praat van niemand in besonder nie, vir die wat nou weer dink, ek praat van een persoon...

Dis maar net iets wat ek wou deel met my blog vandag.

Ek gaan bietjie pouse vat op my blog, want meeste van die tyd tik ek anyway net 'n klomp bollie, hehehehehe! Dis tyd dat ek tyd saam met die Here spandeer, ek doen dit hopeloos te min!

Dis seker Casting Crowns wat aan my hart raak vanoggend! Ek dink dis tyd dat ek ophou met al hierdie stront, en moet begin uitsien na more en alles wat ek wil bereik...

Ek word 39 volgende week, ja, ek is nie een van daai vrouens wat worry dat mense weet hoe oud ek is nie, so ek moet begin om my deurmekaargeid te laat staan...

Ek weet wat ek wil he! Nou moet ek net begin om dit na te jaag!

Verandering? Ek hou nogsteeds nie daarvan nie.

Ek gaan alles insit, vir die mense vir wie ek lief is en vir my toekoms...

Vatso katvis!


Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment