Thursday, May 30, 2013
Needs...
I have so much to be thankful for, but I keep on with all these worries! I hate feeling like this, I do.
I'm happy, but, there is always a but! No! This must stop...
Here I go again...BUT how?
Jesus, please help me? Jesus, please heal me?
Amen.
Sent from my BlackBerry® wireless device
Sunday, May 19, 2013
My journey...
First of all there is this stupid RA! I've been on cortisone treatment for more or less, five weeks, and I felt great! No pain, I could get up in the mornings and feel well the whole day, I could sleep. But now I'm not on that anymore and the pain is back, back with a vengeance. I started the new treatment nearly a week ago, and they said it will only start working in another three weeks. Not so great, I'm sore, I can't sleep and the winter weather is really getting me down. I cry a lot, and that is just plain irritating!
I gave my healing to Jesus! I know He will heal me, and I know I will be ok. He is my rock and my Savior. I will wait, and I know it's ok to cry a bit, because He understands!
I can't control how people react or how they make decisions. How they changed or how they want to go about a friendship that is just 'not anymore'. I tried talking, I did. But it seems that I can't save it. It bothers me. It hurts me. But I don't know what to do no more. It is so sad. I didn't make the decision to end it.
I love my family, I like my job. I want to live my life in a more positive way. I want to make the most of my God giving journey!
Jesus, I need your help. You know what's in my heart...
Sent from my BlackBerry® wireless device
Sunday, May 12, 2013
Kortisone?
My sussie en haar seuntjie ry more met vakansie, en dalk is ek maar net bekommerd oor hulle? Sy is nou nie eintlik die mens met die meeste rigting-hou nie. Ek het vir haar aanwysings neergeskryf en sy het 'n TomTom gekoop. Ek glo en vertrou hulle gaan veilig daar aankom. En dit sommer woes baie geniet, want hulle verdien dit!
Vandag is die eerste dag wat ek nie kortisone drink nie, miskien is dit hoekom ek nie kan slaap nie? Ek weet nie, dalk is ek maar net stupid? Die ding is net dat ek dit vir meer as 'n maand gedrink het? Ag, ekke weet nie.
More begin ek met nuwe medikasie. Sal maar sien? Ne?
Jesus, U weet wat my pla en waarvoor ek bang is. Jesus, ek slaan my oe op na U, want ek weet dis waar ons hulp vandaan kom! Amen!
Sent from my BlackBerry® wireless device
Saturday, April 20, 2013
Winter...
Ek skryf deesdae seker 'n week lank aan 'n blog, dis soos met lees, ek wil so graag net in my bed klim en lees en lees, maar ek kan net nie.
My kop is te besig, ek dink baie...dalk net hopeloos te veel.
Ek is bang, en hartseer en ek voel meeste van die tyd nie lekker nie.
Ek wil net so graag met iemand praat, met S praat, soos altyd, die persoon met wie ek alles kon deel, jy weet?
Maar dis nou seker vir altyd weg....
Sent from my BlackBerry® wireless device
Monday, April 8, 2013
Just want to say...
It's non-stop, it hurts and I wanna cry, but I'm trying to be strong.
I really am trying....
Sent from my BlackBerry® wireless device
Thursday, April 4, 2013
Verandering van seisoene...
Dis so snaaks dat gevoelens en mense nes die seisoene ook verander, ook anders word en optree. Dat mense kom en gaan, in jou lewe wil wees en dan besluit dis nie meer waar hulle wil wees nie. Nes die wind waai...
Sent from my BlackBerry® wireless device
Friday, March 22, 2013
Oop kaarte...
Die dokter het al my uitslae, so ek wag vir my medikasie, want blykbaar sonder dit gaan ek baie siek word. Sonder dit kan ek blykbaar net nog vyf jaar hier wees? Dis God se besluit, nie die dokter sin nie, ne? Ek gaan net aanhou glo en vertrou!
Waar kom die oop kaarte vandaan? Van sowat twee weke terug, of miskien is 'n jaar terug dalk meer akuraat?
Kom ek begin by iets langer as die jaar, iets 'n bietjie langer terug as dit?
Dieter. Dimitri. En kie...
Dis wonderlik hoe die Here werk. Twee maande terug sou ek nooit kon dink dat ek sou voel oor hulle soos wat ek nou voel nie. Hulle is in die verlede. Ek smag nie meer na hulle geselskap, leuens en kameraadskap nie. Ek wil dit ook nie meer terug he nie. Ja, ek gaan lees so nou en dan oor hom, maar nie omdat ek hom mis nie, ek doen nie. Ek is klaar met sy 'seer maak'. En ek voel goed. Want ek wil nooit ooit weer daar gaan nie. Vriende doen nie wat hy gedoen het nie. Einde. Vol-stop. Ek het aanbeweeg, ek wonder nie meer of hy aan my dink nie, ek wonder nie meer 'hoekom' nie, ek wonder nie meer 'sal hy ooit terugkom nie'. Net jammer dat ek alles toegelaat het vir twee jaar...maar so leer mens?
Snaaks hoe ek nie kwaad is vir mense nie, maar teleugesteld? Maar ek is besig om die brug te bou, klaar met daai stront in my lewe! Ek wens hom alle geluk toe. Daai boek is toe. Dankie tog!
BFF?
Seker die moeilikste om oor te blog. Ek weet nogsteeds nie wat om te maak van dit nie? Dit het gegaan oor geld. Ja, dis waar, maar was dit regtig daaroor? Ons ken mekaar al vier jaar en in daai jare het ons mekaar seker beter geken as wat meeste van ons families ons ken. Ons het alles gedeel, die lag, die hartseer, die gebreekte mens, die struggle om te begin heel word. Die drome, die hartseer, die geheime. Die mislukkings en ook die toekoms planne. Die omgee, die ware vriendskap bande.
Dit vat 'n baie goeie vriendskap/verhouding om dit 'long distance' te doen, en ek dink net dit was dalk te veel gevra. As vriende ophou kommunikeer en ophou 'deel' begin als verbrokkel. Ja, dis so van my kant af ook. Dit vat twee mense om 'n vriendskap te maak, te bou en te hou.
Dit lyk vir my dis nou nie meer oor ons nie, maar oor my familie? Hoe is dit? Hoekom is dit?
Haar lewe is nou op 'n ander plek, sy het verander in iemand wat ek nie meer ken nie. Ek weet nie hoekom nie, dalk is dit omdat sy nou doen wat sy nog altyd wou doen. 'n mens kan nie met jou vriende praat en 'deal' soos met jou werk kollegas nie. As ons vir jare lank kon goed deel en saam doen, maar skielik nie meer nie, hoekom?
Want ek ken jou nie meer nie. Ek mis jou, die mens wat ek geken het. Ja, ek is seker ook nie meer wie ek vier jaar terug was nie. Dis seker maar 'n bose kringloop van wie het dit en dat gedoen, gese, gedink. Niemand bly dieselfde nie, maar die waardes doen.
Die bal le nou in jou 'court'. Ek is hier, waar ek nog altyd was. Als gaan oor keuses en trots en vertroue, en nog 'n paar ander goed wat saak maak.
Net die Here weet wat in ons toekomss le, ons kan maar ons breins deur dink, maar die antwoorde het net Hy. Wie weet wie saam met jou, jou pad gaan loop, en wie is net daar vir 'n rukkie?
I chose you... Dis seker maar eintlik die ding? Of hoe?
Dis my oop kaarte, als op die tafel. Daar is nog baie in my hart en kop, dit sal seker een of ander tyd ook uitval...
Sent from my BlackBerry® wireless device