Dis nou al 'n paar maande wat ons nie meer vriende is nie. Snaaks hoe mens die woorde en dinge wat gelei het tot die einde van ons vriendskap, oor en oor in my gedagtes bly. Dit sou beter gewees het as ek net die lelik kan onthou, maar ek doen nie.
Ek onthou meer die goed en dit wat ons gehad het as die sleg.
Vanoggend het ek na 'n preek op die radio geluister en dit het my weer laat dink aan jou. Dit het gegaan oor verhoudings en dat ons nie net altyd seerkry nie, maar ons maak ook seer. Ek dink ons vergeet dit soms. Dit is hoekom ek nou hier sit en blog, want ek kan dit nie vir jou direk vertel nie, nie omdat ek nie die moed het om jou te kontak nie, seker maar omdat ek te veel trots het of dat ek net plain hardegat is of dalk omdat ek bang is om dismiss te word - wie weet?
Ek moes daai dag gese het wat ek het, want dit het my woes gepla. Ek gaan nie nou als herhaal en weer probeer verduidelik hoekom ek dit gedoen het nie. Dis nie die doel nie en dis ook nie die hoekom nie.
Weet jy wat maak seer en wat maak dit so moeilik?
Dat ek weet wat ander mense jou aangedoen het. Hoe hulle jou gebreek het. Hoe hulle jou fisies en emosioneel seergemaak het. Hoe hulle jou laat voel het. Wat hulle was en ook wat hulle nou is. Of dit nou goed of sleg is. Hulle is nie ek nie, dit is duidelik. Wat ek eintlik wil se is dat jy hul elke keer kon vergewe, dat jy kon vergeet en hulle weer kon aanvaar. Hulle weer 'n kans gee. Dit is wat seermaak. Dat ek weet wat gebeur het met jou en julle en dat jy dit kon vergewe en vergeet, maar ek het nie daai kans gehad nie.
Ons kon altyd eerlik en oop met mekaar wees. Ons kon en het soveel gedeel met mekaar. Sjoe ons kon net saam wees en niks doen of praat nie en ons was content. Ons het mekaar verstaan. Ek het gedink ons vriendskap was die 'vir altyd' tipe. Die geen moeite of geen pretensie tipe.
Maar ek weet nou dit was seker nie...
Ek mis dit. Ek mis my vriendin. Ek mis die lag en die huil ook. Ek mis die baklei en stry. Ek mis jou...
Ek wil net ook se dat ek jammer is dat ek nie wou aanvaar nie. Ek wil jammer se dat ek gedink het ons vriendskap kon eerlik wees. Dat ons kon se hoe ons voel en wat pla...ek is jammer dat ons vriendskap nie sterk genoeg was nie.
Daar is soveel wat ek nog wil se en soveel wat ek graag met jou sou wil deel...maar nou ja.
Maybe it was not meant to be...maybe it will get easier...ek hoop jy is gelukkig en suksesvol. Ek hoop jy het die liefde en vrede wat jy verdien..ek bedoel dit - rerig...