Die lewe is hard en stomp en soms onregverdig. Dit steel van jou en dit ruk en pluk aan jou. Dit maak seer. Dis asof als deesdae 'hard' gaan. Ek het hierdie probleem en dis so stupid, maar dit vul my met hierdie vrees. As ek praat daaroor dan klink dit nog meer simpel. Ek weet nie hoe ek dit gaan oorkom nie, maar ek moet. Dat een so klein dingetjie mens moet regeer verstaan ek nie. Ek moet oor dit kom en begin uitwerk hoe ek dit gaan reg kry. Ek moet. Wat help dit tog om moedeloos te raak en elke keer te tjank daaroor? Jouself siek te bekommer dat dit een dag dalk net nie sal regkom nie. Dat dit nou maar jou voorland is. Wel, dit kan nie. Ek kan dit nie toelaat nie. Al wil my lyf nie. Al is die pyn so oorweldigend. Dat ek in my stil tyd aan niks anders dink nie.
Jesus, gee my asb die krag om dit te oorkom en dat ek sterk genoeg kan word om dit reg te kry? Asb?
Dan is daar die sag en mooi van die lewe. Wanneer mens stil word en dinge van voor af sien. Dis hoe ek deesdae is. Ek kyk met nuwe oe na dinge om my. Praat en babbel baie minder, ek is stil en ek kyk en luister soveel meer. Soos vandag toe ons seuntjie met soveel trots huis toe kom met sy eerste prys vir die beste lente 'dress up'. Daar word breed gelag en hy is gelukkig. Dan is dit die trots wanneer sy mamma vir hom verduidelik hoe goed sy rapport is, aai dis mooi.
Ek wil weer lag oor die sag en mooi in die lewe. Ek wil weer gelukkig wees en deel in ander se geluk. Ek wil ophou hartseer wees. Ek wil gesond word en my vrese aanpak.
Nou moet ek net uit-figure hoe
.....