Friday, March 22, 2013

Oop kaarte...

Dit was 'n besige week, en ek is alweer moeg. Altyd moeg, maar sodra ek in die bed klim, is ek wawyd wakker. Dan voor ek my oe uitvee is dit tyd om op te staan. Hierdie naweek beplan ek om rustig te wees, te probeer laat slaap en miskien my boek verder te lees, wat ek seker al drie maande besig is mee.

Die dokter het al my uitslae, so ek wag vir my medikasie, want blykbaar sonder dit gaan ek baie siek word. Sonder dit kan ek blykbaar net nog vyf jaar hier wees? Dis God se besluit, nie die dokter sin nie, ne? Ek gaan net aanhou glo en vertrou!

Waar kom die oop kaarte vandaan? Van sowat twee weke terug, of miskien is 'n jaar terug dalk meer akuraat?

Kom ek begin by iets langer as die jaar, iets 'n bietjie langer terug as dit?

Dieter. Dimitri. En kie...

Dis wonderlik hoe die Here werk. Twee maande terug sou ek nooit kon dink dat ek sou voel oor hulle soos wat ek nou voel nie. Hulle is in die verlede. Ek smag nie meer na hulle geselskap, leuens en kameraadskap nie. Ek wil dit ook nie meer terug he nie. Ja, ek gaan lees so nou en dan oor hom, maar nie omdat ek hom mis nie, ek doen nie. Ek is klaar met sy 'seer maak'. En ek voel goed. Want ek wil nooit ooit weer daar gaan nie. Vriende doen nie wat hy gedoen het nie. Einde. Vol-stop. Ek het aanbeweeg, ek wonder nie meer of hy aan my dink nie, ek wonder nie meer 'hoekom' nie, ek wonder nie meer 'sal hy ooit terugkom nie'. Net jammer dat ek alles toegelaat het vir twee jaar...maar so leer mens?

Snaaks hoe ek nie kwaad is vir mense nie, maar teleugesteld? Maar ek is besig om die brug te bou, klaar met daai stront in my lewe! Ek wens hom alle geluk toe. Daai boek is toe. Dankie tog!

BFF?

Seker die moeilikste om oor te blog. Ek weet nogsteeds nie wat om te maak van dit nie? Dit het gegaan oor geld. Ja, dis waar, maar was dit regtig daaroor? Ons ken mekaar al vier jaar en in daai jare het ons mekaar seker beter geken as wat meeste van ons families ons ken. Ons het alles gedeel, die lag, die hartseer, die gebreekte mens, die struggle om te begin heel word. Die drome, die hartseer, die geheime. Die mislukkings en ook die toekoms planne. Die omgee, die ware vriendskap bande.

Dit vat 'n baie goeie vriendskap/verhouding om dit 'long distance' te doen, en ek dink net dit was dalk te veel gevra. As vriende ophou kommunikeer en ophou 'deel' begin als verbrokkel. Ja, dis so van my kant af ook. Dit vat twee mense om 'n vriendskap te maak, te bou en te hou.

Dit lyk vir my dis nou nie meer oor ons nie, maar oor my familie? Hoe is dit? Hoekom is dit?

Haar lewe is nou op 'n ander plek, sy het verander in iemand wat ek nie meer ken nie. Ek weet nie hoekom nie, dalk is dit omdat sy nou doen wat sy nog altyd wou doen. 'n mens kan nie met jou vriende praat en 'deal' soos met jou werk kollegas nie. As ons vir jare lank kon goed deel en saam doen, maar skielik nie meer nie, hoekom?

Want ek ken jou nie meer nie. Ek mis jou, die mens wat ek geken het. Ja, ek is seker ook nie meer wie ek vier jaar terug was nie. Dis seker maar 'n bose kringloop van wie het dit en dat gedoen, gese, gedink. Niemand bly dieselfde nie, maar die waardes doen.

Die bal le nou in jou 'court'. Ek is hier, waar ek nog altyd was. Als gaan oor keuses en trots en vertroue, en nog 'n paar ander goed wat saak maak.

Net die Here weet wat in ons toekomss le, ons kan maar ons breins deur dink, maar die antwoorde het net Hy. Wie weet wie saam met jou, jou pad gaan loop, en wie is net daar vir 'n rukkie?

I chose you... Dis seker maar eintlik die ding? Of hoe?

Dis my oop kaarte, als op die tafel. Daar is nog baie in my hart en kop, dit sal seker een of ander tyd ook uitval...



Sent from my BlackBerry® wireless device

Thursday, March 14, 2013

So true...

 

'n Mooi gebed vir besige mense:

Here, ons het 'n moeë generasie geword!Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense.moeg gebaklei …Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen.Om aanvaarbaar te word, móét ons suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees met duidelike doelwitte.Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familie mense en betrokke gemeenskapwerkers wees Sjoe, dis 'n oorvol mondvol!Vandag wil ek sommer net by U kom rus En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak en die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is..Maak huis skoon met my, Here.Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe En leer my om sommer net U kind te wees.In U naam vra ek dit,Amen


Sent from my BlackBerry® wireless device

Monday, March 11, 2013

I think it's true...

I was reading some Joyce Meyer just now, and I think it's definitely something I can believe. It is also in the Bible, and I think with some good effort from my side, I can really change my life and circumstances.

She said: We become what we think

I'm starting with this now, not tomorrow!

I. Will. Be. Healed. By. My. Lord. Jesus!

Amen!



Sent from my BlackBerry® wireless device

Saturday, March 9, 2013

What's happening in my life...

Its been a while again since I blogged, and I miss it. Every time I get 'into' it, something happens, or I must do this or that...

I really like my new job. Because I work on a farm, I start at 7am in the mornings, so when I stop there and get out of my car, it's fresh air and quiet that greets me. I think that's why I don't get as angry anymore, because no one peeks over my shoulder, it's quiet and laid back. Now that I know what's required of me, I want to change a few things for the better. I'm tired when I get home and not because I wished the day away.

Yes, there are a few things I can't stand! Like the flies! There are millions, because there's about 60000 chickens. Aparently it's better in the winter, let's hope so.

My RA is very bad. I cry myself awake at night, because I can't stand the pain. Its awful. Really. I think that's the main reason why I'm so tired all the time. These days the pain is just all over my body. Not in one place like it used to be. I'm really considering chemo therapy, because a lot of people did it, and their RA is gone. But it is something for the future.

Its been five months since my Mom moved into her cottage, and its going well. Yes, we do 'bump heads' now and again, but we resolve the issues. I feel more at ease with her here, and not alone in my gran's house. She belongs here, if you know what I mean?

My sis and her boy is doing well. He did so well today at the sport's day, so proud of him with his two wins! He is growing up so fast, wish he could stay our little boy for a while longer....It's off to big school next year...

Well, I'm off to bed, we've got an early start tomorrow. We are doing fishing with Oupa!

PS: one day soon I will blog about my friend, ok? Not today, I still don't know what to say...


Sent from my BlackBerry® wireless device